Thursday, May 22, 2008

Editors Note

May 23, 2008

Zululand
OBSERVER
 

 

Closing the estuary

The decision to artificially close the mouth of the St Lucia Estuary will once again spark debate.
Since man first interfered in the natural system where the St Lucia Lake connects with the ocean, there have been differences of opinion on the issue.
There have been learned commissions, the first one having its genesis at the University of the Witwatersrand in the first quarter of the last century, about how man should best intervene in this natural system, to the good and benefit of all, of course.
Timber and sugar production inland radically altered silt deposits in the system.
Acting as it does as a natural and protective nursery for a number of marine species, the lake system has its own clock and where it is closed off from the sea for years, and salinity levels change, posing hazards to eco-systems, concerned voices are raised.
Whether natural cycles open or close the system for longer or shorter man-measured intervals, some or other expert will emerge fresh from his or her books, willing to challenge the cosmic forces which regulate all life on earth.
What stands above all question, is that whatever the timescales, which are involved in our puny reckonings and judgments on these matters, nature will not be trifled with.
It's not a question of nature exacting vengeance on man's arrogance.
Man is a part of nature and should behave accordingly and with some respect for the forces, which shape our planet.
Or face the consequences and red-facedly be prepared to say sorry.

Wees gewaarsku

Die vlaag van haat wat deur die land spoel en gemanifesteer word in wrede aanvalle op vreemdelinge uit ander dele van Afrika, moet dringend aangespreek word.
Uit die aard van hierdie tragiese probleem wat in die binneland ontstaan het, word Suid-Afrikaners teen buitelanders uit verskeie dele van Afrika afgespeel.
Hierdie koerant het as deel van sy gewone nuusdekking al vir 'n hele paar jaar gewaarsku teen die aanwas van persone uit ander dele van Afrika wat hulle in die groen bosstreke rondom Richadsbaai gevestig het.
Ons kommer spruit uit 'n hele paar faktore.
Daar is klinkklare bewys dat grootskaalse bedrog in hulle vestiging 'n rol speel omdat die groot meerderheid van hulle oor dokumente beskik wat lyk asof hulle deur die Department van Binnelandse Sake uitgereik is.
Honderde aan een adres byvoorbeeld.
Hulle woon, humanitêr gesproke in haglike omstandighede en kan bronne van epidemies word.
Hulle is vir die grootste deel werkloos en omdat hulle ook moet eet, word hulle dikwels die pionne van misdaadsindikate.
Die betrokke staatsdepartemente wat met sulke gevalle soos Klein Burundi moet werk, sê reguit dat hulle nie kan optree nie omdat aan hulle vertel word dat Suid-Afrika 'n ondertekenaar is van sekere VN resolusies wat waarborge aan vlugtelinge verleen.
Regsdeskundiges betwis ten sterkste die aansprake van die staat as synde in botsing met plaaslike landsbelange.
Wat die geval ook al mag wees, kan daar nie gesê word dat as die xenofobiese aanvalle op veemdelinge hiernatoe sou uitkring nie, ons nie vir lank reeds teen so 'n situasie gewaarsku het nie.

 

 

No comments: