Saturday, July 5, 2008

Editors Comment

 

July 04, 2008

Zululand
OBSERVER
 

 

Being prepared

It has been shown once again that community co-operation is one of the best measures to implementing successful anti-crime measures.
Elsewhere in this edition we run the story of how CRG Security, with assistance from security guards and the SAPS, chased and captured three robbery suspects after a jewellery store in Empangeni had been targeted.
This week the SAPS announced in Parliament that certain crimes, including housebreaking and store theft were on the increase, while other crimes showed slight decreases.
The overall figures for all crimes are still distressingly high in Zululand and the country at large and so full scale vigilance ought still to be the order of the day.
In this case CRG's security guard was in the vicinity when the robbery occurred and due to an intimate knowledge of the usual escape routes used by fleeing robbers, the police and the CRG control centre could be alerted.
The sad point to be made is that robberies, murders and rapes have become so commonplace that those tasked with monitoring them - the SAPS and the security industry - have to start to think like criminals in order to successfully apprehend them.
The lesson for all of us out there is that violence has become an integral, but messy and unpleasant part of our lives and the sooner we learn to be alert to the dangers which surround us and which are posed by the criminals, the better for us.
There should be no talk of soft targets.
Society must harden its heart against the criminals and must jack up its defences against them.
The pervasiveness of crime is obvious.
We must be just as clear that we will do everything in our power to stop it.

Heethoofdige jeug

Die verkiesings om leierskapsposisies in die strukture van die ANC lewer vir hierdie party in die jongste tyd baie probleme.
Daar is nie 'n enkele beduidende verkiesing op nasionale of provinsiale vlak wat nie plaasvind sonder aantygings van korrupsie, onreëlmatigheid, stemkopery of regstreekse geweld nie.
Dit geld van die vegadering by Polokowane waar Jacob Zuma vir President Mbeki as leier van die party oortuigend verslaan het, tot die verkiesing van Julius Malema, nuwe president van die ANC se Jeugliga.
Trouens hierdie jongste verkiesing is deur kommentators afgemaak as 'n klug, baie in die klas van die Mugabe-debakel ten noorde van ons.
Daar is diegene wat die sogenaamde jeugliga in sy geheel as 'n grap afskryf.
Niemand kan getalle van lede bevestig nie, takke bestaan in der waarheid nie en oor elke vraagstuk bestaan 'n ander beleidsrigting.
In hierdie politieke lugleemte storm die heethoofdige Malema met gemak in.
'n Swart rubriekskrywer het hom as 'n 'intellektuele invalide' bestempel, 'n jongman wat aan die land verkondig het dat hy in sy liefde vir Zuma sy teenstanders 'desnoods sal doodmaak'.
Hy het ook 'n hele paar ander ondeurdagte en opruiende verklarings uitgereik waaroor ander ANC-leiers erg beswaard is.
Hierdie soort mens steur hom nie aan gesagstrukture nie en die ANC-leiers sal moet rekening hou met hierdie onervare, gevaarlike mens in hulle midde.
Is dit werklik die soort aspirant-politikus wat in die voetspore van Nelson Mandela, Oliver Tambo en ander groot ANC leiers moet loop?
Die ANC Jeugliga is die teelaarde vir toekomstige leiers van nie alleen die party nie, maar ook die land.
Dit berus by die grootmense om hulle kleintjies in toom te hou, lui 'n ou Sotho speekwoord.
Begin gerus dan met klein Julius wat onder hande geneem moet word.

 

 

No comments: