Thursday, July 17, 2008

AHI vergadering by die Empangeni Klubhuis

 

July 18, 2008

Zululand
OBSERVER
 

 

Behou positiewe uitkyk in besigheid

Brand Pretorius - gasspreker by Dinsdagaand se AHI vergadering by die Empangeni Klubhuis

Dalena van Jaarsveld

Ten spyte van die onlangse tydings van 'n sukkelende ekonomie, het Brand Pretorius - bekend vir sy direkteurs posisie in verskeie van Suid Afrika se voertuighandelaarsmaatskappye - in sy toespraak aan die Afrikaanse Handels Instituut (AHI) Dinsdagaand 'n boodskap van hoop gebring.
'My CV klink dalk indrukwekkend, maar om sukses te bereik is nie altyd maklik nie en daar was baie donker jare in my loopbaan.'
Hy het spesifiek verwys na McCarthy se posisie in 1999, toe die maatskappy 'n tyd van finansiële uitdagings ervaar het.
'Enige besigheid sal op 'n stadium deur sulke tye gaan, maar dit is die bestuurder en eienaar se verantwoordelikheid om 'n positiewe uitkyk te behou.'
Pretorius het klem gelê op die noodsaak vir beide positiwiteit en hoop in die werkplek.
'Bly optimisties oor more en spandeer energie op die positiewe, want as jy as 'n bestuurder nie hoop het nie, hoe sal jy ooit jou werknemers kan inspireer?'
Van die ander aanbevelings wat hy gegee het was dat die besigheidsektor verandering moet verwelkom, en sosiale verantwoordelikheid aanvaar vir hulle omgewing.
'Ons kan nie verandering sien kom nie, maar om die ou dinge op te gee is die prys wat ons moet betaal vir oorlewing.'
Pretorius is veral bekend vir sy posisie as Direkteur van onder andere McCarthy Ltd., Bidvest Group Ltd., Bidfreight Ltd. en McCarthy Motor Holdings Ltd.
Hy is ook Bemarkingsdirekteur van Toyota SA (Pty) Ltd.



 

No comments: